Cure Day Clinics - Your Day Surgery Specialist Cure Day Clinics - Modern state of the art Facilities Cure Day Clinics - Child friendly hospitals Cure Day Clinics - Convenient for patients Doctor oppurtunities - Become a part of the cure day clinics group
Find a Doctor

FIND A
DOCTOR

Online Pre-admissions

ONLINE
PRE-ADMISSIONS

Online Pre-admissions

PATIENT
ZONE

LATEST NEWS

GLOUKOOM

GLOUKOOM


GLOUKOOM

 

Gloukoom is ‘n siekte wat die oog se optiese senuwee beskadig.   Dit gebeur gewoonlik wanneer vloeistof opbou in die voorste gedeelte van die oog.      Die oormaat vloeistof verhoog die druk in die oog en sodoende word die optiese senuwee dan oor ‘n tydperk beskadig.

Gloukoom is die hoof oorsaak van blindheid vir mense oor die ouderdom van 60 jaar oud wêreldwyd.     Die blindheid van gloukoom kan gelukkig voorkom word met vroëe behandeling.

 

TIPES GLOUKOOM

Daar is twee hoof groepe van gloukoom.

  1. Primêre oop-hoek gloukoom

Dit is die mees algemene tipe gloukoom.   Dit gebeur baie geleidelik waar die oog nie genoeg van die vloeistof dreineer deur nie.   Gevolglik bou die drukking op in die oog en word die oogsenuwees daardeur beskadig.    Hierdie tipe gloukoom is pynloos en veroorsaak aanvanklik geen simptome wat die visie betref nie.   Ongelukkig is dit die hoofrede waarom baie mense rondloop met gloukoom sonder dat hulle bewus is daarvan of gediagnoseer is.   

 

Sommige mense het optiese senuwees wat selfs sensitief is vir normale oogdruk.   Dit beteken die risiko om gloukoom  skade te ontwikkel hoër is by hulle  omdat  dit te laat gediagnoseer word.     Gereelde oogondersoeke is dus baie belangrik om vroëe tekens van skade aan die oogsenuwees te kan diagnoseer.

 

  1. Toe-hoek gloukoom (ook genoem “nou-hoek gloukoom”)

Dit is ‘n tipe gloukoom waar die iris (die bruin ,groen of die blou van die oog) baie naby is aan die dreineringshoek in die oog.    Die iris kan dan die hoek heeltemal blokkeer waarna die druk dan akuut baie hoog kan styg.   Wanneer die hoek volledig blokkeer of afgesluit word, noem ons dit ‘n akute aanval wat baie pynlik is en blindheid kan veroorsaak.     Dit gaan gewoonlik gepaard met skielike dowwe visie, erge oogpyn en ook hoofpyn.   Die pyn kan sò erg wees en die pasiënt naarheid en braking ondervind . Daar word ook  reënboogagtige kleure of ringe of “halo’s” rondom ligte gesien.  Dit is ‘n noodgeval en indien so-iets gebeur, moet die pasiënt dadelik verwys word na ‘n oogspesialis.

 

Die hoë druk wat skade aan die oogsenuwees veroorsaak, veroorsaak blinde kolle of areas waar die visie afneem of heeltemal tot niet gaan.    Dit is gewoonlik die perifere of die kant visie wat aanvanklik aangetas word .In n gevorderde stadium kan die pasiënt eindig met tonnelvisie.   Indien die druk nog steeds nie beheer kan word nie, kan die tonnelvisie ook verlore gaan en die pasiënt kan blind word.

 

RISIKOFAKTORE VIR GLOUKOOM

Sekere persone het ‘n hoër risiko om gloukoom te ontwikkel.  Dit is gewoonlik persone:

  • oor die ouderdom van veertig jaar
  • met ‘n familiegeskiedenis  waarvan die ouers of grootouers ook gloukoom het
  • van Afrika ,Spaanse of Asiatiese herkoms
  • met hoë oogdrukke
  • wat erg bysiende of vêrsiende is
  • wat ‘n oogbesering opgedoen het
  • op hoë doserings en langtermyn kortisoon medikasie
  • met dun korneas
  • met verdunning van die optiese senuwee
  • met diabetes, migraine of hoë bloeddruk.

GLOUKOOM DIAGNOSE

Die enigste manier om ‘n diagnose van gloukoom te maak, is ‘n volledige oogondersoek deur ‘n oogspesialis.

Gedurende ‘n gloukoom ondersoek, sal die oogspesialis die volgende doen:

  • Die oogdruk meet.
  • Met ‘n lens kyk of die oog se hoek normaal en groot oop is.
  • Die oogsenuwees sal ondersoek word.
  • ‘n Oogveld sal gedoen word om te sien of daar enige skade aan die perifere visie is.
  • ‘n Foto sal geneem word van die oogsenuwees.
  • Die dikte van die kornea sal gemeet word.

 

 

GLOUKOOM BEHANDELING

Gloukoomskade is permanent.   Dit kan nie omgekeer word nie.   Medisyne en in sekere gevalle, chirurgie help om verdere skade te beperk of te verlangsaam.   Die volgende tipe behandelings is beskikbaar:

 

  1. Medikasie

Gloukoom word gewoonlik gekontroleer met oogdruppels.  Dit is druppels wat elke dag gebruik moet word om die oogdruk te verlaag.      Sommige van die druppels se werking is om die vorming van oormatige oogvog te verminder.    Ander verlaag die druk om te help dat die uitvloei deur die dreinasiekanaal verbeter.   Sommige se werking is om die druk te verlaag sowel as om die uitvloei te vermeerder.    Gloukoom druppels is die primêre tipe behandeling wat in meeste gevalle voldoende is, maar ongelukkig kan die oogdruppels in sommige pasiënte newe-effekte hê.     Sommige van die oogdruppels kan ook newe-effekte hê met ander sistemiese medikasie.   Dit is baie belangrik dat jou dokter/oogspesialis bewus is van jou gewone medikasie wat jy gebruik voordat hy vir jou ‘n gloukoomdruppel sal voorskryf.   Indien daar enige newe-effekte is na die pasiënt begin het met druppels, moet dit onmiddellik gestaak word en die oogspesialis gekontak word.     Moet nooit die druppels verander of ophou om dit te gebruik ,sonder om die oogspesialis in kennis te stel nie.

 

  1. Laser terapie

Daar is twee tipes laser chirurgie om gloukoom te behandel.      Dit help om die oogvog dreinasie te verbeter.

 

  • Trabekuloplastie.      Dit is gewoonlik vir pasiënte met oophoek gloukoom waar die hoek gelaser word om die dreinasie te verbeter.
  • Iridotomie.     Dit is vir pasiënte met toe-hoek gloukoom met ‘n akute aanval.   Die laser word gebruik om ‘n klein gaatjie in die iris te maak om te help om die vog beter te laat dreineer.

 

  1. Filtrasie operasies

In sekere gevalle waar die pasiënt nie goed behandel kan word met oogdruppels en/of laser behandeling nie, word  oogchirurgie aangebied.

 

  • Trabekulektomie.    Dit is waar die oogchirurg ‘n klein flappie maak in die sklera of wit van die oog.        Daarmee word daar dan ‘n baie platterige dreinasie sakkie gemaak wat dan die vog dreineer onder die konjunktiva of die slymvlies van die oog.    Dit word gewoonlik gedoen onder die boonste ooglid.    Die filtrasie sakkie word ook genoem die bleb en die vog word dan uit die bleb geabsorbeer deur die bloedvate .
  • Gloukoom dreineringsapparate.  Met hierdie prosedure word daar ‘n klein dreineringsbuisie in die oog geplaas.  Dit dreineer dan die vog uit die voorkant van die oog in ‘n klein versamelingsarea, ook genoem die reservoir.    

Om gloukoom te behandel, is ‘n spanpoging tussen jou en jou dokter.    Jy is nog steeds verantwoordelik vir die sukses van die behandeling.    Dit is baie belangrik om die dokter se instruksies te volg wat betref die druppels, die dosering en hoeveel maal per dag dit gebruik moet word.   Jy gaan gereeld opgevolg word – aanvanklik waarskynlik elke 3 maande en dan gewoonlik 6 maandeliks.      Gedurende die ondersoeke gaan die oogspesialis seker maak:

  • dat die druk goed gekontroleer is.
  • dat daar geen agteruitgang is van die oogsenuwees nie.
  • dat die perifere velde toets geen agteruitgang toon nie.

Gloukoom is ‘n baie ernstige toestand wat baie keer nie gediagnoseer word nie . Ongelukkig is daar ook baie pasiënte wat nie hulle medikasie volgens instruksies gebruik nie.

Omdat gloukoom nie ‘n pynlike toestand is nie en die agteruitgang van die visie baie stadig progressief gebeur, is dit vir pasiënte partymaal baie maklik om soms nie die druppels in te gooi nie, of dit net te vergeet of net besluit dit is te veel moeite.    Ongelukkig word die skade dan oor die jare erger tot op ‘n punt waar die pasiënt skielik agterkom dat hy amper net ‘n tonnel visie oorhet.      Gelukkig met modern tegnologie, medikasie en tegnieke, is die hantering van gloukoom, in meeste gevalle, uiters suksesvol.

Die belangrikste bly egter dat die pasiënt die verantwoordelikheid aanvaar om sy behandeling pligsgetrou natekom.

 

SHARE THIS :

  

ALL NEWS

Cure Day Hospitals celebrates Skin Cancer Awareness Month

Cure Fourways did their first successful Fertility Treatment patient

Cure Fourways welcomes Dr Moloi to Floor 1 in Sunset Square

GLOUKOOM

Cure Medkin would like to welcome Dr. Edward Molefe Molomo

Have you heard our radio ad?

Cure Fourways features on Kyknet!

Cure Fourways turns 2!!

Cure Medkin now perform Rhizotomy surgery!

The benefit of DAY HOSPITALS

Kyknet Ontbytsake

Cure Medkin undergoing revamp

Cure Day Clinics Paarl recently perform its first Tympanoplasty operation to a young boy.

Cure Somerset West brags their first Corneal Transplant

Gubbini Mini Hystero-resectoscope at Medkin

Great news for all our Medkin supporters!

Cure Day Clinics Paarl celebrated their 5th birthday

Congratulations Dr Louis Smit!

Cure Day Hospital obtain prestigious accreditation

Day Hospitals in the spot light for their many benefits

Cure sponsors towards Knysna fires

CDC Welcomes Dr Wicus Malherbe

CDC Welcomes dr André van Straten

Now at Cure Somerset West - Dr Johan Mathee

What do you do at your clinics to recycle, up-cycle or just reuse for other purposes?

International news on day procedures in the future: Appendectomy Patients Don't Need an Overnight Stay

Cure Day Clinics Midstream would like to welcome Dr R Dayaram

New clinic manager for Bloemfontein

Cure Day Clinics Fourways Now Open

CDC Paarl - Invitation to CPD Talk

Fourways Review Newspaper Article

Cure Day Clinic launches in Fourways

Ethical CPD - Cure Day Clinics Bellville, 29 June 2016

Cure Day Cliincs Bellville Welcomes Sr Ezette

Cure Day Clinics would like to welcome Dr. Willem Adriaan Liebenberg

Cure Day Clinic’s warmly welcomes Dr. Henning van den Heever Ophthalmologists to our Paarl facility

CURE DAY CLINICS WARMLY WELCOMES DR MARISSA WILLEMSE - OPHTHALMOLOGIST - TO OUR MIDSTREAM FACILITY

ALL DENTAL CO-PAYMENTS REDUCED BY 50%!!

CURE DAY CLINICS WARMLY WELCOMES DR JASON WHITE - MAXILLO FACIAL SURGEON - TO OUR MIDSTREAM FACILITY

New state-of-the-art OS4 machine at Cure Day Clinics Midstream

OPEDAG - Cure Day Clinics Bellville

a new state-of-the-art Cure Day Clinics in Fourways

Reaching out to the patients during Eye Awareness Month in Paarl 14 October 2015, Paarl, Western Cape

Cure Day Hospital Midstream now welcomes Dr. Steenkamp as he brings his expertise to the Midstream day hospital.

CURE DAY CLINICS WARMLY WELCOMES DR JASON WHITE - MAXILLO FACIAL SURGEON - TO OUR MIDSTREAM FACILITY

GREAT NEWS FOR DAY HOSPITAL INDUSTRY

CATARACTS

Dr. Etienne Potgieter- Paardevlei Smile Dental

Cure Day Clinics Welcomes Dr Ramon M Aronius - Gynaecologist

FIRST BLOOD DRIVE FOR CURE DAY CLINICS ERASMUSKLOOF

New microscope for Cure Day Clinics Erasmuskloof

Cure Day Hospital Midstream welcomes Dr Pillay to our facility

German Delegates Visit B. Braun Erasmuskloof

Bloemfontein sponsored 170 flu injections to a retirement village

First ever elbow procedure done in the Free State Province!

Erasmuskloof FREE Glaucoma screening

Bloemfontein supports dentistry!

Cure Day Midstream welcomes Dr Roshni Naicker - Paediatrician @ Cure Day Hospital Midstream

Dr Nicolette Landman - Specialist Plastic Surgeon @ Cure Day Hospital Midstream

Cure Day Clinics Midstream welcomes Dr Weyers - Plastic Surgeon

Save All the Way !!!

Special Offer Continues

Bloemfontein breaks a record!

CURE DAY CLINICS MIDSTREAM ARE PLEASED TO WELCOME DR MARAIS AND NOTHNAGEL (UROLOGISTS) TO OUR FACILITY.

CURE DAY CLINICS MIDSTREAM WELCOMES DR AVRIL MOODLEY - SPECIALIST GYNAECOLOGIST.

CURE DAY CLINICS MIDSTREAM WELCOMES DR SHARAN NAIDOO – MAXILLO FACIAL SURGEON

DR VAN HEERDEN – PLASTIC AND RECONSTRUCTIVE SURGEON OPERATING AT CURE DAY CLINICS ERASMUSKLOOF

CURE DAY CLINICS ERASMUSKLOOF WELCOMES DR RIËL DE LA BAT - SPECIALIST OPHTALMOLOGIST

NEW ONCOLOGY CENTRE FOR THE BOLAND OPENING NOVEMBER 2014

PUBLIC AND PRIVATE PARTNERSHIP WITH 1 MILITARY HOSPITAL

PRE-ADMISSION FORMS - NOW AVAILABLE ONLINE